Wie skryf romanses? Stuitige ou tannies en verveelde huisvroue? NEE! Mense wat die liefde verstaan en weet dat almal van ons hunker na die vervulling wat ’n intieme liefdesverhouding bied. Madelie is al ’n hele paar dekades gelukkig getroud met ’n wonderlike man wat haar diepste wense verstaan, haar daagliks emosioneel versorg en vertroetel en boonop steeds haar knieë lam maak.