Die sangeres-liedjieskrywer Marlise Scheepers is een van Afrikaans se veelsydigste musiekmakers. Nie net is dié gesoute joernalis en voormalige nuusredakteur ‘n bedrewe woordsmid nie. Scheepers het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het. “Ek is nou gereed om die goed te doen wat vir my hart goed en lekker is: kook en sing. Of: sing en kook.” Sy kombineer nou haar musiekoptredes met die kookkuns. “Huiskonserte is weer die in-ding. Ek kook vir groepe van tussen 8 en 15 mense en sit ‘n driegang-ete voor. En as almal na die tyd ‘n soetwyntjie drink, sing ek vir hulle ‘n paar liedjies.”

Marlise Scheepers

Ons kan nie produkte wat ooreenstem met die keuse te vind.