De Wet Hugo is ‘n laerskoolonderwyser en kinderboekskrywer. Tans woon hy steeds in die stad Hangzhou in China. De Wet het op ‘n Bolandse wynplaas grootgeword, maar hy beskou die Wes-Kaapse kusdorp, Kleinmond, deesdae as sy Suid-Afrikaanse tuiste. Meer as vyftien boeke het reeds uit sy pen verskyn, asook vele bydraes tot bundels soos Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories, Die skool vir rampspoedige talente en ander gelukkige stories en Tyd is ‘n b**ksem en ander belaglik lekker tekste. In 2023 was Die 13de dag in Chengdu op die kortlys vir die LAPA-Jeugromankompetisie.