Sunet du Plessis is in Boksburg gebore. Sy het BA tale aan die Universiteit van Pretoria gestudeer en 'n nagraadse hoër onderwys diploma verwerf. Sy is getroud met Jannie du Plessis, 'n predikant. Hulle het saam vroeër jare in Zimbabwe gewoon waar sy artikels oor die vryheidstryd geskryf het. Sunet het vir twintig jaar voltyds onderrig gegee en haar eerste kortverhaal het in die Voorligter verskyn. Van 2013 tot 2019 het hulle in Skotland gewoon, waar haar man as predikant 'n gemeente bedien het. Sunet se artikels en kortverhale verskyn gereeld in tydskrifte en Die Kerkbode, en sy is die mede-outeur van ’n dagstukkie-boek. Sunet en haar man reis baie, en sy geniet fotografie terwyl sy voltyds skryf.