Linki Brand hou van teken en stories. Sy is in die 1980's in Potchefstroom gebore. Sy bring haar kinderdae in Pretoria deur en later Venterstad in die Bo-Karoo. Sy gaan studeer BA Grafiese Ontwerp aan die Noordwes Universiteit en raak in die geheim opgewonde oor illustrasiewerk. Grafiese ontwerp hou egter die pot aan die kook en sy werk daarna vir agentskappe in Bloemfontein en Kaapstad. Sy verruil sentraal Suid-Afrika vir die Kaap en doen vryskutwerk vanuit Hermanus en daarna Bettysbaai en Greyton. Sy bevind haarself tans in Penicuik, Skotland saam met haar man, Werner, dogtertjie, Fia, en seuntjie, Ben. In 2018 het sy onder andere illustrasies vir twee kinderboeke in die Verenigde Koninkryk gedoen en 'n strokiesprent in die 24 Panels-bundel gepubliseer.

Linki Brand (Illustreerder)

Ons kan nie produkte wat ooreenstem met die keuse te vind.