Kristel Loots woon in die Kaap. Sy luister na die stories om haar en skryf
graag oor die vroue wat sy oral raakloop: “Gewone” voorstedelike vroue,
soms met voorskote om geronde heupe, ander tye weer oor modieuse
stadsbewoners in stylvolle stiletto’s wat skrik vir niks nie, en soms oor
“anderste” vroue, verskillende groepe vroue en vroue met issues, soos sy
dit stel. Menswees, veral vrouwees en die vele fasette daarvan, fassineer
haar. Kristel het ’n humoristiese skryfstyl wat soms aan die tragikomedie
en dieper aspekte van die lewe raak. Sy skryf ook verhale en artikels vir
verskeie vrouetydskrifte. Meer as 50 boeke, insluitend romans en chicklit
het al van hierdie veelsydige skrywer verskyn.