Carmen Niehaus was 32 jaar lank die kosredakteur van die land se grootste tydskrifte, Huisgenoot en YOU. Sy was ook verantwoordelik vir die bekende kookboekreeks Wenresepte waarvan letterlik oor ’n miljoen kopieë verkoop is. Meer as 20 kookboeke en veel meer kostydskrifte het al uit haar pen verskyn, en sy was ook aanbieder van die TV-reeks Jy het ’n Wenresep op Via. Net nadat die ergste Covid-maatreëls in 2020 ietwat gelig is, het sy en haar gesin permanent Langebaan toe verhuis, en daarvandaan woeker sy nou voltyds onder haar eie handelsmerk aan verskeie opwindende kosprojekte. Dit wissel van resepontwikkeling, kosstilering, kookklasse, kospraatjies en demonstrasies tot die maak van kosvideo’s en televisieoptredes. Sy is veral doenigop sosiale media, met sowat 20 000 volgelinge. Carmen doen steeds kosstories vir Huisgenoot en YOU en is veral nou betrokke by die rooibosteemaatskappy Carmién Tea saam met wie sy rooibosslaaisouse en -soute uitgebring het. Sy het ook haar eie kombuislapreeks met unieke ontwerpe wat sy self gestileer het. As sy nie besig is met uittoetswerk in haar kombuis met die mooi uitsig oor die Langebaanmeer nie, snuffel Carmen graag in plaasstalle en oudhede-winkels rond of ontspan met haar neus in die nuutste kostydskrifte en kookboeke.

Carmen Niehaus

Filter
Stel ascending direction

2 items

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys
  1. LEKKER & GOED (EBOEK)
    Rating:
    0%
    R170,00
  2. Lekker & Goed
    Rating:
    0%
    R200,00
Filter
Stel ascending direction

2 items

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys