Lucia is gebore in Randfontein, en het feitlik met ‘n tas in haar hand grootgeword, want haar ouers het redelik rondgetrek: Pretoria, Thabazimbi, Gravelotte in die Laeveld, Vereeniging, Johannesburg en Krugersdorp. In 1975 het sy in Linden gematrikuleer, en is toe gekeur om na die Burgerlike Beskermingskollege in George te gaan. Ná’n jaar van soldaat-wees, is sy na Tukkies waar sy ingeskryf het vir ‘n BA-graad met Duits en Zulu as hoofvakke. Sy het ook Antropologie en Kultuurgeskiedenis geneem om haar belangstelling in Afrika en die mense van Afrika, verder uit te brei. In 2003 het haar man ‘n geleentheid gehad om in Engeland te gaan praktiseer, en hulle het dit aangegryp, en vir ongeveer ses jaar in Bournemouth gewoon en gewerk. Sy het deur Cambridge die CELTA (Certificate in English Language Teaching to Adults) sertifikaat verwerf en by ‘n paar kolleges in Bournemouth klas gegee tot hulle in 2010 teruggekeer het na Suid Afrika, en hulle in Jeffreysbaai gevestig het. Hier het sy vir etlike jare voltyds as praktykbestuurder in haar man se tandartspraktyk gewerk, en werk steeds deeltyds daar. Hierdie is Lucia Prinsloo se tweede roman. Haar debuut is Kwaheri, my geliefde wat in 2012 verskyn het. Skryf is deel van haar bestaan. Sy is getroud en woon in Jeffreysbaai waar sy graag met haar man langs die see stap. Soms tot by die Gamtoosriviermond.

Lucia Prinsloo

Filter
Stel ascending direction

4 items

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys
  1. Solank as die aarde (EBOEK)
    Rating:
    0%
    Gewone prys R272,00 Spesiale prys R136,00
  2. Solank As Die Aarde
    Gewone prys R320,00 Spesiale prys R217,60
  3. Vegters (EBOEK)
    Rating:
    0%
    R272,00
  4. Vegters
    Rating:
    0%
    Gewone prys R320,00 Spesiale prys R80,00
Filter
Stel ascending direction

4 items

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys