Leandra Naudé het grootgeword in Utrecht, KwaZulu-Natal en het haar skoolloopbaan in 1993 voltooi. Sy het nog altyd die passie gehad om ’n verskil in die wêreld te maak en het maatskaplike werk aan die Universiteit van Pretoria studeer. Hier het sy ook haar man, Paul, ontmoet. Sy het later haar meestersgraad voltooi en het elke werk wat sy gehad het, met oormaat energie en passie aangepak. Twee dogters is vir Paul en Leandra gebore, wat tans uiters aktiewe en pragtige jong tieners is, en hulle lewe verryk en baie interessant maak. Leandra het haarself die “postergirl van uitbranding” gedoop as gevolg van verskeie kere wat sy uitgebrand het. Sy is in 2011 met Sistemiese Lupus gediagnoseer en moes ophou werk as gevolg van die siekte. Gedurende hierdie baie moeilike tyd het die liefde en ondersteuning van haar man en meisies, asook die boeke wat sy verorber het, haar deur hierdie moeilike tyd getrek. Juis daarom het sy besluit om ‘n boek aan te pak. Die eerste boek, Reis deur die hart, was haar eie persoonlike reis om haarself as mens en as skrywer te ontdek. Haar karakters het soveel aanklank daarby gevind dat hulle helaas nie wil ophou reis nie. Tans skryf hulle nuwe reise saam.

Leandra Naudé

Ons kan nie produkte wat ooreenstem met die keuse te vind.