Paul C. Venter vertel uit sy hart van ’n plek in die Karoo, ’n plek geteister deur droogtes, storms en Bybelse plae. ’n Plek van geloof en wonderwerke, van duiwels en die dood wat helder oordag toeslaan. Venter se loopbaan het in 1964 as verslaggewer by Die Vaderland begin. In 1972 het hy tydskrifjoernalis by Republikeinse Pers in Durban geword. Die joernalistiek het hom die geleentheid gegee om Afrika, Europa en die Verre Ooste te leer ken. In sy eie tyd het hy ook draaiboeke vir films, fotoboeke, kleuterboeke, jeugboeke, feitelike boeke en storieboeke geskryf. Hy was ’n jaar lank verhaleredakteur van Die Brandwag. Toe televisie in 1975 in Suid-Afrika aanland, het hy onder toesig van die ervare Jan Scholtz draaiboeke vir die heel eerste Afrikaanse dramareeks, Keertyd, geskryf. By Jan het hy soveel geleer dat hy daarna Opdrag,’n militêre dramareeks, op eie houtjie vir Kavalier-films se Bertrand Retief kon aanpak. In 1979 het hy heeltyds skrywer geword en daarna besluit om met sy gesin op Hermanus te gaan woon. In die Kaap het ’n ontmoeting met film- en televisiemaker Dirk de Villiers tot die skryf van die gewilde Arende-reeks aanleiding gegee. Uiteindelik het Paul 25 jaar van sy lewe aan televisiedrama gewy. Hy het verskeie toekennings daarvoor ontvang, in ’n stadium self vervaardiger en regisseur geword, en van sy reekse is in die buiteland verkoop. Paul woon tans op Hanover in die Karoo.

Paul C Venter

Filter
Stel ascending direction

2 items

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys
  1. In die mond van die wolf (EBOEK)
    Rating:
    0%
    R213,00
  2. Die geval van die sadistiese swembad (EBOEK)
    Rating:
    0%
    R242,00
Filter
Stel ascending direction

2 items

Per bladsy
Beskou as Rooster Lys