Jacolene du Plooy is 'n skrywer en spelterapeut van Pretoria. Sy is passievol oor die bemagtiging van kinders deur vir hulle vaardighede aan te leer om emosioneel intelligent en sosiaal vaardig te wees. Uit ervaring weet sy dat kinderboeke nie net 'n effektiewe hulpmiddel is om 'n liefde vir lees en skryf aan te wakker nie, maar ook 'n waardevolle hulpmiddel is om sosio-emosionele vaardighede aan kinders te leer. Jacolene het 'n graad in sielkunde en Engels, 'n honneursgraad in sielkunde en 'n meestersgraad in spelterapie.