Herman Lensing is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse kosskrywer, smaakmaker en TV-persoonlikheid. Nadat hy as sjef
aan die Institute of Culinary Arts in Stellenbosch gekwalifiseer het, is hy op 22-jarige ouderdom as kosredakteur van
Sarie aangestel. In 2016 benoem Mail & Guardian hom as een van die 200 mees invloedryke jong Suid-Afrikaners.
Oor die afgelope dekake het hy verskeie pryse ontvang vir sy TV-werk en publikasies, waaronder die Galliova-prys vir
beste kosskrywer (2010, 2017, 2022), Media24 se Joernalis van die Jaar (2023) en Netwerk24 se Smaakmaker van die
Jaar (2025). Hy is die skrywer van tien topverkoper-kospublikasies. Hy verskyn gereeld as aanbieder op die Afrikaanse
TV-kanale kykNet en VIA, en was die kosvervaardiger van die gewilde kos-realiteitsprogramme Kokkedoor: Vuur en
Vlam en MasterChef South Africa. Hy is die redakteur van Sarie Kos.