Anna van Tonder woon in ’n meenthuis in Klerksdorp, Noordwes Provinsie. Sy het ’n BA-graad aan Universiteit van Pretoria behaal en Onderwysdiploma aan die vroeëre Normaalkollege in Pretoria. Na aftrede uit die onderwys waag sy haar haar hand aan storie skryf en geniet dit baie. Sy hou van stories met gelukkige eindes; stories waarin die karakters groei en hul persoonlikhede ontwikkel. Stories wat die leser kan inspireer, stories wat hoop gee. Sy en haar man, Gert, gee vir mekaar ruimte om hulself kreatief te kan uitleef. Sy het drie kinders, drie skoonkinders, vier kleinkinders en sien hulle almal baie min omdat hulle almal ver woon. Haar karakters is haar vriende. Sy skryf al sedert 2008 liefdesverhale waarvan al 25 gepubliseer is, ondermeer by LAPA, LUXverbi en Struik.