Troula Goosen is in die skaduwee van Tafelberg gebore. Sy het op dorpe in die Boland en Overberg grootgeword, op Ceres gematrikuleer en daarna aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Haar eerste betrekking was dié van manuskripte-assistent by die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad. Sy en haar man is as pastoriepaar eers Vrystaat en daarna Riversdal toe. Op Riversdal het sy as binneversierder gewerk en ’n besigheid bestuur. In 2008 het hulle Bettysbaai toe verhuis waar sy haar jeugdroom, om kinderverhale te skryf, afgestof het. Haar eerste roman het ’n ATKV-Woordveertjie gewen waarna nog nege romans die lig gesien het. Troula het twee seuns en vier kleinseuns.