Katarien Roos, ’n rotsingenieur, keer terug na Suid-Afrika nadat haar ouma ’n beroerte kry. Na ’n verwoestende ervaring is haar werk die enigste plek waar sy suksesvol voel. Op pad Rustenburg toe kry haar motor ’n pap wiel. Armandt du Toit, beesboer en uitvoerende beampte van Mabewhu Platinummyn, help haar. Hy sien haar vrees en probeer deur haar emosionele skanse breek om haar hart te bereik. Sal sy hom kan vertrou en haar ware self aan hom wys?