Karen Lilje is ’n illustreerder en ontwerper. Nadat sy vir tien jaar aan die stuur van sake by Hybrid Creative was, is sy deesdae hoof van Fire and Lion, ’n Kaapstad-gebaseerde kreatiewe agentskap. Sy het ’n honneursgraad in inligtingsontwerp aan die Universiteit van Pretoria behaal, en ’n nagraadse kwalifikasie in illustrasie aan die Universiteit van Stellenbosch. Karen werk in ’n verskeidenheid tradisionele media, insluitende waterverf, potlood, akrielverf, ink en collage, en sy geniet dit om handgetekende elemente met digitale media te kombineer, asook om suiwer handgemaakte illustrasies te skep. Haar werk dek ’n verskeidenheid toepassings, van prenteboeke en kommersiële projekte, tot galerystukke en private opdragte. Die afgelope vyftien jaar het sy verskeie kinderboeke geïllustreer, waaronder die bekroonde prenteboek Grom! (saam met Jaco Jacobs)

Karen Lilje (Illustreerder)

Ons kan nie produkte wat ooreenstem met die keuse te vind.