Een plus een (Duet) (EBOEK)

R217,00
Een plus een (Duet) (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799353327
Format: EPUB
Publish date: 2011-10-01
Links
Een plus een is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses: Kammaliefde en Kanniedoodliefde. Kammaliefde Nanzi weet sy hoort nie naby Krisjan van der Merwe met sy koninklike lyf, sy spierwitte tande, sy gevaarlike manlikheid, sy terg en speel nie. Hulle werk toevallig saam. Daarom is sy soentjies en drukkies kamma-kamma. Maar as hy moet weet wat in haar kop aangaan, vat hy die pad. Soos mans maak. Sy kén die vernedering. Sy moet hom voorspring, voor daardie smeulende oë haar geheim lees. Kanniedoodliefde Alles irriteer haar: die Karoo, Doringdorp, Sweet Valley … Kurt irriteer haar die meeste en Jackie wíl nie hier wees nie. Maar sy moet ’n artikel skryf oor hierdie lawwe gasteplaas uit die jare sestig waar ou hippies soos rosyntjies hulle vervloë jeug probeer herleef … En nét daar stap Kurt met sy heuningstem, sy mooi woordjies en die tergliggies in sy oë reguit in haar hart in.
Meer inligting
Publish Date 01 Okt. 2011
Format EPUB
Skrywer Kristel Loots
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Kristel Loots