Katerina se mojo (EPUB)

R268,00
Katerina se mojo (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799372397
Format: EPUB
Publish date: 2015-01-01
Links
Hierdie huwelik van hulle is op life support volgens Katerina. Met ’n tienderjarige tweeling in die huis en ’n paar onwelkome kilogramme op haar heupe begin dinge vir haar te veel word. Dat haar dokterman so min tuis is wanneer dit saak maak. Dat hy so dikwels uitgeroep word, op pad is hospitaal toe ... na die beeldskone verpleegster wat, volgens hóm, net sy buddy is. Bowendien, die misdaad en ellende in Suid-Afrika ten spyt, sien Katerina nie kans om Kanada toe te verhuis soos haar man beplan nie. En daardie visas lê daar op die bedkassie, dit lê daar. Teen die tyd dat Katerina drastiese stappe geneem het en haar man hom in die sneeulandskap van ’n Noorderland bevind, het haar lewe so drasties verskuif dat sy nie daarmee kan of wil tred hou nie. Katerina het bo alle twyfel haar mojo verloor. Dit weet sy nou, en dat spyt altyd te laat kom. Wel, meesal ...
Meer inligting
Publish Date 01 Jan. 2015
Format EPUB
Skrywer Kristel Loots
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Kristel Loots