Aspoesterskoene (EPUB)

R272,00
Aspoesterskoene (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799376852
Format: EPUB
Publish date: 2015-09-01
Links

Soveel bespiegelings, soveel onbeantwoorde vrae, soveel geheime ...

Ná al die jare raak Sarah opnuut in dié web van verskrikking verstrengel.

Haar matriekreünie moet sy bywoon, ná amper ’n kwarteeu haar demone op Doringbaai in die oë gaan kyk, moet sy Marius Malan weer sien. Hy, wat haar magteloos woedend maak, maar steeds haar hart besit. Al is sy Christian se vrou en Waldo se ma.

Haar mooie Aspoesterskoene moet haar wankelende selfvertroue ’n hupstoot gee, maar vir haar skuldgevoelens het sy nie raad nie.

Dis sý wat ná Gertruida se dood die wantroue in Marius aangehits het, wat sý skuld hemelhoog laat brand het. Omdat sy jaloers was, omdat sý hom wou hê en Gertruida van die hoekhuis nie die voorreg gegun het nie. En hom eiehandig byna vernietig het.

Meer inligting
Publish Date 01 Sep. 2015
Format EPUB
Skrywer Kristel Loots
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Kristel Loots