Sielsiek (EPUB)

R255,00
Sielsiek (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799382921
Formaat: EPUB
Publikasie datum: 2017-10-06
Links
Waarom “haak mense se koppe uit”? Chris Mahlangu, wat vir Eugene Terre’Blanche vermoor het, het hom nie net doodgeslaan nie. Daar is berig dat Terre’Blanche se liggaam 28 keer met ’n ysterpyp, ’n afgebreekte stuk staaldiefwering, geslaan en gekap is. Dit terwyl hy op sy rug gelê en slaap het. Dit was ’n bloedbad. Een jong man slaan ’n verpleegster met ’n stuk hout in die veld dood en haar kêrel tot in die hospitaal se waakeenheid. ’n Ander slaan beide sy aanneemouers bewusteloos met ’n krieketkolf en dan steek hy hulle meer as 20 keer elk in die bors met ’n mes voor hy sy pa keelaf sny. ’n Manlike prostituut slaan sy vriend soveel keer met ’n knopkierie oor sy “onsedelike voorstelle” dat dié sterf aan ’n skedelbreuk. Waarom sal ’n heteroseksuele man wat by prostitute slaap ’n seun by winkelsentrum oplaai en met hom lol?

Vyf gevallestudies oor Suid-Afrikaanse geweldsmisdadigers, vertel deur ervare ware misdaadskrywer Carla van der Spuy en kliniese sielkundige dr Henk Swanepoel.
Die boek bevat inligting oor persoonlikheidsversteurings, elke misdadiger se agtergrond, die dag van die misdaad, die hofsaak, onderhoude en bevindings tydens die verhoor, tot die opvolgtronkbesoek – van aangesig tot aangesig met die oortreder.
Meer inligting
Publikasie Datum 06 Okt. 2017
Formaat EPUB
Skrywer Carla van der Spuy, Dr Henk Swanepoel
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Carla van der Spuy, Dr Henk Swanepoel