Mishandel, misbruik, misken: Joey Haarhoff was my ma (EBOEK)

R247,00
Mishandel, misbruik, misken: Joey Haarhoff was my ma (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799376791
Format: EPUB
Publish date: 2016-07-01
Links
Amor van der Westhuyzen, dogter van die berugte Joey Haarhoff wat saam met die pedofiel Gert van Rooyen ses jong meisies ontvoer het, se kinderjare was ’n riller. Joey het haar enigste dogter fisiek, verbaal en emosioneel mishandel, toegelaat dat Amor se eie pa haar seksueel misbruik en haar geheel en al as mens misken. Joey het as beheervraat vir dekades haar dogter se lewe gemanipuleer en oorheers. Selfs jare nà Joey se dood moes Amor nog ly as gevolg van haar ma se dade. Maar sy het die trauma danksy pure vasberadenheid oorleef. Amor is ’n diep gelowige mens wat die siklus van haat en geweld stopgesit het. Sy wil hoop gee aan ander vroue wat deur hul naastes verniel is.
Meer inligting
Publish Date 01 Jul. 2016
Format EPUB
Skrywer Carla van der Spuy
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Carla van der Spuy