Met haar suster Reinet se troue raak Maret Schreuder en die strooijonker Erik Bosman halsoorkop verlief, maar dinge loop net so vinnig weer skeef. Erik gaan werk in Europa en Maret gaan voort met haar lewe op haar Swartlandse grootworddorp. Drikus skuif gou-gou in Erik se plek in, maar dit word mettertyd vir haar duidelik dat hy nie met haar wil trou nie en dat hy haar nie werklik aanvaar soos sy is nie.
Erik se terugkoms krap dinge deurmekaar en Maret besef dat sy hom nie werklik vergeet het nie. Wanneer hy op haar dorp kom aflos, is dit eintlik logies dat sy hom losies sal aanbied. Albei besef dat ’n gebrek aan werklike kommunikasie hulle verhouding destyds gekelder het, maar albei is ook ewe bang om weer so seer te kry.
Nou moet hulle besluit of hulle die moed het om nuut te begin.