Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Hoe gemaak wanneer ’n rofstoeier en skoolhoof op ’n klein Karoo-dorpie koppe stamp? Voeg ’n wysneus-tienermeisie, asook ’n hele paar rondloperkatte by en jy het ’n resep vir moeilikheid. Of wag, dalk net dalk, ’n resep vir liefde.