Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (EBOEK)

R136,00
Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799355826
Format: E-boek
Publish date: 2019-02-05
Links
Marzanne Odendal is ’n uitgesproke tiener wat daarvan droom om eendag ’n beroemde joernalis te word. Ouens is min of meer laaste op haar lysie van dinge waarin sy belang stel – sy gaan eendag rondom die wêreld reis op soek na opwinding en avontuur, sonder ’n jaloerse kêrel of ’n man en kinders wat haar by die huis hou. Maar haar beste vriendin, Nadia, is ’n kenner as dit kom by verlief wees. Sy glo as jy eers jou hart op ’n ou verloor het, is níks meer dieselfde nie – jou kleinboetie kry dit skielik nie meer reg om jou te irriteer nie, jy kry sommer lus en gee jou mees gehate onderwyser ’n drukkie en selfs jou Rice Krispies proe anders … Marzanne, aan die ander kant, sal eerder kaalvoet deur ’n skeermeslemmetjiefabriek stap as om met iemand soos Armand Hattingh uit te gaan. Ouens soos dié rugbyheld met sy uitdagende glimlag en sy simpel idees oor Shakespeare is beslis nie haar idee van pret nie. Hy dink boonop die son skyn blokkies as hy op ’n tuinstoel gaan sit. Maar toe Marzanne uit die bloute geheimsinnige e-posse van ’n anonieme digter begin ontvang, verander haar idees oor seuns (en die liefde) stadig maar seker … Hierdie prettige, romantiese en skreeusnaakse liefdesverhaal vir tienerlesers is nie verniet een van die grootste topverkopers in Afrikaans die afgelope paar jaar nie. Lesers se tone sal omkrul van lekkerkry terwyl hulle saam met die hardkoppige heldin probeer uitvind of liefde régtig jou Rice Krispies anders kan laat proe ...
Meer inligting
Publish Date 05 Feb. 2019
Format E-boek
Taal Afrikaans
Skrywer Tania Brink
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Tania Brink