My eerste soen (en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref) (EBOEK)

R145,00
My eerste soen (en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref) (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799362282
Format: E-boek
Publish date: 2013-06-01
Links
Oukei, ek is nie ’n kenner op dié gebied nie, maar daar is darem ’n paar dinge wat ek van soen af weet. Soos: Jou eerste soen is nie veronderstel om jou pens en pootjies binne-in ’n winkelsentrum se fontein te laat beland nie. Reza dink partykeer Murphy se Wet is spesiaal vir haar uitgedink. Daardie wet wat sê as iets verkeerd kan gaan, dan sal dit. In haar gunstelingskrywer se boeke het sulke rooigesig-oomblikke altyd romantiese gevolge, maar in die regte lewe werk dinge ongelukkig anders. In die regte lewe begin daar nie romantiese musiek speel as ’n ou jou soen nie.In die regte lewe verander ’n soen nie alle paddas in prinse nie. Maar toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ’n ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies – en een van hulle sal die kans kry om haar op ’n droom-date te vergesel ... Vorige boeke uit die skrywer se pen sluit in die topverkoper Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (ATKV Kinderboektoekenning 2002), Ouens is nie pizzas nie (ATKV Kinderboektoekenning 2007), My hart is vol graffiti (ATKV Kinderboektoeken- ning 2012) en Al die meisies hou van Divan Louw.
Meer inligting
Publish Date 01 Jun. 2013
Format E-boek
Skrywer Tania Brink
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Tania Brink