Elle-reeks Omnibus 4

R320,00
Elle-reeks Omnibus 4: Droomkans, Vreesloos en Roekeloos 3-in-1.
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781776355730
Format: Sagteband
Publish date: 2023-08-01
In hierdie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Insluitend ’n nuwe storie! Terwyl Elle nog kopkrap oor haar droomrok vir die matriekdans, duik daar onverwags ’n paar nagtelike besoekers en groot moeilikheid by die koshuis op. En boonop is mevrou Bender, die skoolhoof, vasbeslote dat Elle met ’n unieke projek vorendag moet kom om haar jaar as hoofmeisie van Gravitas op ’n onvergeetlike noot af te sluit. Sal sy haar droomkans kry? In Vreesloos is Elle vrek bang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil brieke gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir ’n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans. In Roekeloos wag Elle op haar matriekuitslae. Sy het pas ’n heerlike matriekvakansie gehad en nou wag die realiteite van die wêreld buite skool op haar. Watter keuses moet sy maak en wat gaan die toekoms vir haar inhou? ’n Splinternuwe boek in die Elle-reeks!
Meer inligting
Publish Date 01 Aug. 2023
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Christien Neser
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Christien Neser