Elle-reeks Omnibus 3

R320,00
Elle-reeks Omnibus 3
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639601670
Format: Sagteband
Publish date: 2021-01-09
In hierdie drie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen 'n verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reels breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle laaste middernagfees. En toe die Middernagklub op heterdaad betrap word, is dit die begin van nog 'n Gravitas-avontuur. In Pienk bikini gee die woord matriek vir Elle 'n knop in haar keel. As hoofmeisie gaan daar 'n groot verantwoordelikheid op Elle se skouers rus. En as Elle dit waag om 'n voet verkeerd te sit, sal Shia dadelik haar plek inneem. Kort voor lank het Elle egter groter probleme toe 'n verspotte modderstoeigeveg by die kinderhuis (en parmantige pienk onderklere) onverwags groot nuus word. In Strikdans skop Elle se matriekjaar op 'n aaklige noot af. Daar is skielik probleme tussen haar en Alex, haar kêrel. En Gravitas het 'n nuwe waarnemende skoolhoof wat 'n veer vir die skooltradisies voel. Elle probeer red wat te redde is – maar dit kan haar dalk haar hoofmeisiebalkie kos …

Lees die uittreksel
Meer inligting
Publish Date 09 Jan. 2021
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Christien Neser
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Christien Neser