Zackie Mostert omnibus 2 (boek 6-10)

R220,00
Zackie Mostert omnibus 2 (boek 6-10)
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799389456
Format: Sagteband
Publish date: 2018-09-25

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus: * Zackie Mostert druk 'n drie * Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante * Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies * Zackie Mostert en die meisiemoles * Zackie Mostert en die baie beroemde hond

Meer inligting
Publish Date 25 Sep. 2018
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Jaco Jacobs
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jaco Jacobs