Superskurk

R180,00
Superskurk
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780799388794
Format: Sagteband
Publish date: 2018-06-01

Daar is ten minste 10 000 redes waarom 'n vakansie by Wessel se oupa NIE 'n goeie idee is nie.
Sy oupa Zirk bly in 'n groot, grillerige ou huis buite die stad.
'n Tronk is meer pret. Die kamers is donker en dit ruik na visaas en seemeeupoef.
Daar is honderde reels in sy oupa se huis, en selfs al gehoorsaam jy al die reels, is 'n hamerkophaai met tandpyn nog steeds vriendeliker as sy oupa.
Toe Wessel se ouers hom dus by sy oupa aflaai sodat hulle op 'n eilandvakansie kan gaan, weet hy die goorste vakansie van sy lewe het pas aangebreek.
Maar iets is nie pluis nie.
Waarom sluip sy oupa snags in die donker rond?
Wat steek hy in die geheimsinnige gebou buite in die tuin weg waar Wessel glad nie mag kom nie?
Hoekom het hy party oggende vreemde skrape en bloukolle, asof hy in 'n geveg was?
Daar is net een manier om uit te vind ...
Kort voor lank is Wessel deel van 'n wilde pretrit vol superhelde, skurke, supercool tegnologie, agterbakse planne en ongelooflike ontploffings! En dit lyk of die verveligste vakansie van sy lewe dalk die avontuur van 'n leeftyd gaan word ...

Meer inligting
Publish Date 01 Jun. 2018
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Jaco Jacobs
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jaco Jacobs