Waar die son omdraai (EBOEK)

R242,00
Waar die son omdraai (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799369687
Format: EPUB
Publish date: 2014-07-01
Links
Wat doen ’n sepiester wanneer ’n onbesonne taxibestuurder haar motor tref en sy met ’n geskende gesig in die hospitaal wakker word? Die vrou in die spieël het haar vyand geword. Maar Thea was nog nooit ’n touopgooier nie. Sy gaan Mosambiek toe en wy haar aan mense wat onder die ellende van ’n verarmde land gebuk gaan.

Dit is hier waar haar pad kruis met dokter Matt Barnard, van Portugees-Afrikaanse afkoms en ’n plastiese chirurg wat tydelik verligting bring in ’n hospitaal in Vilanculos, Mosambiek. In sy oë is daar nie afgryse wanneer hy na haar gesig kyk nie, net deernis. Maar hierdie man loop self met ’n sielestryd. Binnekort keer hy terug na die Santo Sebastiono-klooster waar hy die res van sy lewe as monnik sal slyt. 

Op hierdie kwesbare stadium in Thea en Matt se lewe, aan die romantiese ooskus van Afrika, vlam hulle liefde vir mekaar op. Maar dit is nie so maklik om om te draai op die pad wat hulle lewe reeds ingeslaan het nie.

Meer inligting
Publish Date 01 Jul. 2014
Format EPUB
Skrywer Vita du Preez
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Vita du Preez