Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Die lewe is vol uitdagings, maar liefde kan alles oorwin
Denise vind nog haar voete in die Boland nadat sy uit ’n toksiese huwelik ontsnap het. Dirk is ’n toegewyde polisieman, maar sy eksvrou het hom oor ’n enkele fout in sy verlede finansieel afgepers.
Toe Denise se woonstelgebou afbrand, vermoed sy haar eksman is verantwoordelik. Maar sy bly uit skaamte stil oor haar verlede. Dirk vind uit hoe Denise van haar eksman ontkom het en moet besluit of hy hom daarmee kan versoen.
Sal hulle saam liefde en aanvaarding bymekaar kan vind?