Verlore skatte (EBOEK)

R140,00
Verlore skatte - SuperRomanza (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799395341
Format: EPUB
Publish date: 2019-01-07
Links
Tydens ʼn lewensgevaarlike en avontuurlike ekspedisie na die Amasone-reënwoud word Frances se lewe in ʼn totaal nuwe rigting gestuur ... Frances Wright, ’n botanis, en Riek Vanbrugh, ʼn herpetoloog aan die Universiteit Stellenbosch, gaan saam met ’n Britse argeoloog, John Mansfield, se ekspedisie na die Amasone-reënwoud in Peru. Saam met hulle gaan ’n antropoloog van Kaapstad Universiteit asook Jack Berry, avonturier en skrywer/fotograaf vir National Geographic. Vanaf Iquitos stuur hul borg, Carlos Carraldo, hulle per boot, kleiner rubberbote en te voet die reënwoud in. Die fauna en flora is uitsonderlik, en hulle word deur mens, dier en plant bedreig. Dit blyk gou tot Frances, Riek en Jack se ontnugtering, dat die ekspedisie se vernaamste doel is om ’n legendariese goue beeld by die verlore stam van Huakan te gaan steel. Ná skrikwekkende avonture, nadat hulle verdwaal het en hulle portiers weggehardloop het, vind die groep wel vir Huakan. ’n Vorige ekspedisie deur ’n Spaanse argeoloog is ook deur Carraldo geborg en hulle tref die argeoloog daar aan. Jack sien ook die goue beeld wat Carraldo begeer. Niemand kom glo weer uit Huakan nie en hulle moet met die Spaanse argeoloog se hulp ontsnap. Hulle kom ooreen om die bestaan van Huakan geheim te hou, en die ekspedisie word vir die woedende, teleurgestelde en agterdogtige Carraldo as ’n mislukking voorgehou, behalwe dat die Spaanse argeoloog kwansuis by inboorlinge gevind en gered is. Hulle vertel nie van die verlore stam en goue beeld nie, en vlug behoorlik uit Iquitos om van Carraldo af weg te kom. Terwyl hulle in die reënwoud deur gevare geteister is, het elkeen gewys wat in hom of haar steek. Jack Berry, wat eers spottend skepties was oor Frances se vermoë om die reënwoud te trotseer, kry al meer respek vir haar en hulle liefde vir mekaar groei. Met sy hulp ontdek sy ’n seldsame orgidee.
Meer inligting
Publish Date 07 Jan. 2019
Format EPUB
Skrywer Malene Breytenbach
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Malene Breytenbach