Die vrywilligers

R300,00
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9781779880949
Formaat: Sagteband
Publikasie datum: 2026-01-01
Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Fraser, om ’n ambulans na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as verpleegsters. Dokter Campbell se seun, Rory, onderbreek sy mediese studies in Skotland om by die ambulanspoging aan te sluit. Op pad na Pretoria ontmoet hy drie Russe wat as vrywilligers aan die Boerekant gaan veg, insluitend Ivan van Sint Petersburg. Soos die oorlog groei en baie gewondes in Eleanor se sorg kom, word haar geloof geskud deur die gruwels van die oorlog, die geweld en die verlies. Wanneer Ivan in die Slag van Elandslaagte gewond word, versorg Eleanor hom. Gedurende hierdie tyd raak hulle verlief, maar hulle besef gou dat daar te veel struikelblokke tussen hulle liefde staan. Tydens die onrus van die oorlog word Eleanor mislei en sy glo dat Ivan gesterf het. Ná die oorlog bly Eleanor ongetroud en help sy haar moeder as vroedvrou in haar praktyk. Maar, in 1919, verskyn Ivan weer ...
Meer inligting
Publikasie Datum 01 Jan. 2026
Formaat Sagteband
Skrywer Malene Breytenbach
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Malene Breytenbach