Ver in die wêreld Kittie (EBOEK)

R213,00
Ver in die wêreld Kittie (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799382655
Format: EPUB
Publish date: 2017-02-01
Links
Kittie Barnard bevind haarself werkloos en in ʼn finansiële verknorsing in Londen, en vind uit haar Engelse verloofde is oneerlik en ontrou. Voordat sy kan besluit wat om te doen, kry sy ʼn oproep van haar ouer suster dat hulle ma, Gertruida, ʼn tweede beroerte gehad het. Sy het hulp en versorging nodig. Gertruida is ʼn pensioentrekker, met geen ander bron van inkomste nie. Kittie se suster en broer het probleme van hulle eie, en hulle voel dit is Kittie se beurt om te help. Kittie voel verwond en verbitter, en het nêrens anders om heen te gaan nie. Sy is fanaties oor haar eie onafhanklikheid, en sy en haar ma het nog nooit langs dieselfde vuur gesit nie. Nou is sy vasgevang in die huis waarvan sy so gou as wat sy kon weggevlug het. Gertruida is vasgevang in ʼn liggaam wat haar om elke hoek en draai in die steek laat, en oorgelaat aan die genade van die dogter oor wie sy soveel skuldgevoelens het. Beide Kittie en Gertruida word gekonfronteer met spoke uit die verlede, en het ʼn lang pad na herstel, maar het uiteindelik ʼn kans om hulle verhouding te red.
Meer inligting
Publish Date 01 Feb. 2017
Format EPUB
Skrywer Santie van der Merwe
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Santie van der Merwe