Gelyke kans (EBOEK)

R242,00
Gelyke kans (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799373677
Format: EPUB
Publish date: 2015-04-01
Links

Jessica se kinders is uit die huis en sonder waarskuwing is egskeiding ’n werklikheid in die soort huwelik waarin niemand dit sou verwag nie, die minste van almal Jessica. En tot ’n mate haar man. Want dit het net gebeur, volgens hom, hy het nie daarvoor gesoek nie. Haar man se kollega, ja: bitter jonk, bitter mooi en bitter haastig.

Wat daarna gebeur terwyl Jessica haar wonde gaan lek, is eweneens nie iets waarvoor sy gaan soek het nie ... En jare gelede het Jessica en haar man mekaar belowe as so iets ooit gebeur, sal hulle mekaar ’n gelyke kans met die teenstander gee.

Maar hier is lank nie meer net twee mense se gevoelens ter sprake nie en wie ook al watse besluite neem, gaan verskeie mense se lewe raak. As hierdie tydperk in Jessica se lewe haar nie breek nie – en dit is hoe dit nou voel – gaan dit haar maak en sy gaan met meer wysheid en krag anderkant uitkom.

Meer inligting
Publish Date 01 Apr. 2015
Format EPUB
Skrywer Santie van der Merwe
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Santie van der Merwe