Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Vir ’n tinktinkie met ’n groot bril en ’n ewige boek onder die blad het Henk Rademeyer sekerlik geen trek nie. Net soos die res van die wêreld se mans, dink Essie. Maar ’n reuse verrassing wag op haar toe Kupido betrokke raak.