Oorbegin (EBOEK)

R85,00
Oorbegin (EBOEK) geskryf deur Marilé Cloete
In voorraad
ISBN
9780639609775
Format: EPUB
Publish date: 2021-10-01
Links
Hoe bou twee mense ’n toekoms saam wanneer beide hul fondasies verloor het? Reinet Schreuder en haar twee identiese susters sit almal sonder werk wanneer die pandemie alles ontwrig. Om geld te spaar, trek Reinet en Maret in by suster Anet op hulle grootworddorp in die Swartland. Wanneer die paniek en die selfbejammering uiteindelik bedaar, begin dié drieling se toekomsbeplanning. Reinet kom gelukkig reg wanneer sy die kans kry om ’n koffiestalletjie in ’n koringland langs die hoofpad te bestuur. Die geluk hou aan wanneer haar eerste kliënt Reinier is, ’n boer wat weens die droogte sy plaas in die Noordweste moes verlaat. Nes Reinet, is hy hier om by familie te bly terwyl hy weer op sy voete kom. Dis net logies dat die drie susters hierdie nuweling in hulle sirkel innooi, en so word die Vier Musketiers gestig. Terwyl hulle werskaf om ’n diens aan die gemeenskap te lewer en weer finansieel selfstandig te word, besef Reinet en Reinier die aantrekkingskrag tussen hulle kan nie onbepaald geïgnoreer word nie.
Meer inligting
Publish Date 01 Okt. 2021
Format EPUB
Skrywer Marilé Cloete
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Marilé Cloete