Tussen Stasies (EBOEK)

R298,00
Tussen Stasies (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799364750
Format: EPUB
Publish date: 2013-11-01
Links
Die vroulike hoofkarakter, Gretl, se ouma was ’n Jodin wat met ’n Duitser getroud is. Haar ma was dus half-Joods en haar pa patrioties Duits. Sy en haar suster is slegs 25% Joods, maar in Nazi-Duitsland is Jode in 1944 na Auschwitz gestuur – selfs in die derde en die vierde geslag. Teen daardie tyd wéét die Jode van die doodskampe. Daarom laat die ma haar twee dogtertjies ontsnap deur ’n klein opening in die beestrok waarmee hulle vervoer word. So swerf die agtjarige Gretl en haar twaalfjarige suster deur die suide van Pole op pad na familie in Switserland. Die suster word ernstig siek en hulle kry onderdak by ’n bitter arm Poolse vrou met ’n swetterjoel kinders. Die manlike hoofkarakter, Jakób, is ’n vurige Poolse student wat tydens die oorlog by die Poolse weerstandsbeweging aansluit. Die beweging het hoofsaaklik guerrilla-aanvalle op beide Duitse en Russiese magte gedoen, gestreef na die outonomie van Pole ná die oorlog, en vlugtelinge, ook Jode, gehelp. Wanneer Gretl se suster sterf, en die Poolse vrou ook nie meer na haar kan omsien nie, word Gretl Jakób se verantwoordelikheid. Gretl weet nie waar of wie die familie is waarheen hulle op pad was nie, dus neem hy haar saam na sy ouerhuis in Czestochowa. Daar is egter geweldige armoede en tekorte in die naoorlogse Pole, sodat sy teen die einde van 1947 ook nie meer daar kan bly nie. Jakób lees van ’n program wat Duitse wesies na Suid-Afrika stuur en hy kry haar daar in. In Suid-Afrika word Gretl aangeneem deur Kate en Bernard Neethling van Ver wink die Suiderkruis en word verder groot op hulle familieplaas in die Bosveld. Gretl het haar lewe begin as ’n Duitsertjie in die Lutherse Kerk. Toe haar pa sterf, het die res van die gesin by haar weduwee-ouma gaan bly. Hier volg hulle Joodse gebruike. By Jakób se familie beland sy in ’n Pools-Katolieke gemeenskap. In Suid-Afrika moet sy aanpas in ’n konserwatiewe Calvinistiese Afrikanerhuis, -skool en -gemeenskap. Sy ontsnap na ’n wêreld van haar eie waar realiteit en fantasie vermeng raak om die verlange na Jakób te temper. Tydens die Poolse Rewolusie van 1956 word Jakób gedwing om Pole te verlaat en te vlug na Suid-Afrika. Uiteindelik vind Gretl en Jakób mekaar weer, maar albei het intussen verander. Sy is ’n pragtige derdejaar- B.A.-student aan Tuks wat weet wat sy wil hê, maar nie seker is wie sy is nie. Hy is ’n ingenieur van byna 35, ontnugter en ontwortel, maar vasbeslote om in hierdie sterk anti-kommunistiese land ’n toekoms te bou. Wanneer hulle ontdek dat daar gevoelens tussen hulle is, weier haar pa, aangesien Jakób ’n Katoliek is. As twee randkarakters in hulle nuwe gemeenskap, met al hulle bagasie wat hulle saamsleep, moet die twee mekaar ondersteun hier onder die fel suiderson.
Meer inligting
Publish Date 01 Nov. 2013
Format EPUB
Skrywer Irma Joubert
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Irma Joubert