Kas vol monsters Omnibus (EBOEK)

R195,50
Kas vol monsters Omnibus (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780799392432
Format: EPUB
Publish date: 2019-04-01
Links
Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak? Denver se kas is ’n geheime ingang na ’n kasteel vol monsters – en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke! Die Groen Hand Daar is iets vreemds aan die nuwe huis ... In die middel van die nag hoor Denver iemand aan sy kasdeur klop. Toe hy ondersoek instel, ontdek hy iets wat sy hare laat regop staan! Maar gaan enige iemand hom glo as hy vertel wat hy gesien het? Vampierfoto’s Die kas in Denver se kamer is die geheime ingang na ’n kasteel vol monsters. Denver en Meyer kan nie wag om weer die monsters te sien nie. Hierdie keer het een van die monsters hulp nodig. Maar om foto’s van ’n vampier te neem ... kan ’n pyn in die nek wees! Hollywood-mummie Dit is glad nie so maklik om ’n Hollywood-ster te word nie – veral nie as jy ’n mummie is nie. Sal Denver en Meyer vir Toets kan help om ’n rol in ’n fliek los te slaan? Weerwolfprobleme Denver en Meyer het al hope pret saam met die monsters gehad. Maar daar is iets fout in die monsterkasteel. Flaffie die weerwolf is in ’n BAIE slegte bui. En as ’n weerwolf vies is, moet jy liewer nie met hom sukkel nie ... Die perfekte monster Een van die monsters in die kas het Denver en Meyer se hulp nodig. Frank is eensaam. Daarom besluit hy dis tyd om ’n meisie te kry. Maar om die perfekte meisie vir ’n groot groen monster te kry, is glad nie so maklik nie! Kinderspeletjies Al die monsters is op pad na ’n musiekkonsert. Denver en Meyer bied aan om ’n aand lank baba-oppassers vir ’n oulike monsterbaba te wees. Hulle moet met hom speel, hom kosgee en hom in die bed sit. Hoe moeilik kan dit nou eintlik wees ...?
Meer inligting
Publish Date 01 Apr. 2019
Format EPUB
Taal Afrikaans
Skrywer Jaco Jacobs
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Jaco Jacobs