Lillian is desperaat om haar huwelik te red. Sy het die motorongeluk veroorsaak waarin haar man, Leon, geskend is, en hy vertrou haar nie meer nie. Het geheueverlies en is seker sy sal beter verstaan as sy net kan onthou. Dat Leon haar darem nog begeer is ’n skrale tr oos, want wat is lyflike plesier wanneer daar soveel onenigheid tussen hulle heers? Dan is daar ook Leon se rokjagter-broer wat die water kom vertroebel en twee mooi vroue wat vir Leon se aandag bie.