Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Anneke het meer as haar deel aan mislukte verhoudings gehad. Van nou af staan sy op haar eie bene. Ter wille van haar kind. En ter wille van haarself. Maar waar pas Adriaan Rossouw en Patti in?