Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Een onverwagse oomblik kan haar weer in liefde laat glo.
Fiona Viviers, ’n suksesvolle ortotis is in ’n ongelukkige verhouding vasgevang. Anton Bruwer, ’n enkellopende spysenier, help Fiona in ’n ongemaklike situasie.
Die insident beland op die internet en Anton word as ’n held gesien, wat hom dwing om verder betrokke te raak. Fiona waardeer sy hulp, al hou sy nie daarvan om “gered” te word nie.
Gaan sy hom die kans gee om ’n tikkie towerkrag in haar lewe te bring?