Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Adele Bruwer is tevrede met haar lewe as enkellopende en haar werk as spysenier saam met haar tweelingbroer, Anton. Die verwydering tussen hulle en hulle ouers het sy doelgerig diep in haar onderbewussyn weggebêre.
Toe Anton vir Fiona liefkry, ontmoet Adele Fiona se broer, Franz. Die vier word drafmaats, maar Adele en Franz sit gedurig vas. Franz verstaan nie Adele se vervreemding van haar ouers nie.
Kan Adele haar wrokkigheid oorkom en haar hart oopmaak vir ‘n ernstige verhouding?