Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Deborah is ’n inkennige boekmens, nogal “koud”. Niel is ’n rockster wat terugkeer verhoog toe en haar vriendskap nodig het. Vir meer sien sy nie kans nie want sy pas regtig glad nie by hom nie.