Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Isa het nog altyd gereken dis beter om deel van die oplossing as deel van die probleem te wees, maar nou het sy twee probleme om op te los: Die nasionale inperking en Jos Malherbe, haar broer se pel op wie sy al lank verlief is. Jos is beterweterig, verslaaf aan roetine, ’n werkslaaf en nou moet hulle ’n kamer ook nog deel. Boonop moet sy huishou met haar knorrige pa, sosiale broer, haar neurotiese ma wat vir die wêreld maskers maak en die man van haar drome.
Kan dinge meer chaoties raak? Net die tyd sal leer. Dis darem iets waarvan hulle baie het.