Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Sunet en Bertie se hoërskoolliefde kon nie die toets van emigrasie deurstaan nie. Nou’s hy egter terug in die Klein-Karoo en Sunet moet besluit of hierdie ontwrigte vreemdeling met twee getraumatiseerde kleuters nog die man is wat sy liefgehad het