Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Lisa is ñ onderwyser wat ñ vrees vir alleenreis het maar tog graag nuwe plekke wil sien. Toe haar vriendin nie meer kan saamgaan Botswana toe nie, staan Michael onverwags vir haar in. Michael is die stil een in hulle vriendekring en heeltemal haar teenoorgestelde. Op die reis vind sy dat teenoorgesteldes mekaar wel kan aantrek en dat persoonlikheidsverskille wel oorkom kan word.