Marilé Cloete woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe begin skryf. Nou maak sy die leë nes met haar stories vol. Dit gee vir haar nuwe energie, ’n heerlike uitdaging en baie vervulling.
Bella is slim, berese en belese, maar bitter dom wat mans betref. Sy’s in die leë volstruispaleis om haar Ph.D. af te rond, maar moet keer om nie ook ’n slagoffer van Simon Cilliers te word nie.