Perke (EBOEK)

R49,00
Perke (EBOEK)
In voorraad
ISBN
9780639600390
Format: EPUB
Publish date: 2020-01-05
Links
E-rotika is slegs as e-boek beskikbaar; lees dit skelm of openlik - jy kies... Toe Landi die deur oopmaak, staan Gerbrandt voor haar. Die laaste sluk whisky talm nog agter in haar keel. Net een tree, dit is al wat sy hoef te gee, toe is haar hande om sy nek. Sy mond is hard en honger en dit maak haar binneste warmer as die whisky. Sy hande is grof oor haar rug toe dit onder haar hemp ingaan en sy kan nie naby genoeg aan hom kom nie. Nie met haar mond, haar lyf of haar hart nie. Die gedagte aan laasgenoemde bring ’n mate van nugterheid, en sy tree terug. Sy hoop haar glimlag lyk onaangeraak. “Jy proe soos whisky,” sê hy uitasem. Sy lig haar ken en vou haar arms oor haar bors. “Dit is darem goeie whisky.” Sy stap na waar die linnekas altyd was. Oor haar skouer sê sy, “Skink gerus vir jou as jy lus het vir nog.”
Meer inligting
Publish Date 05 Jan. 2020
Format EPUB
Skrywer Didi Potgieter
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Didi Potgieter