Op die maat van Maya

Gewone prys R220,00 Spesiale prys R55,00
Op die maat van Maya
Beskikbaarheid: In voorraad
ISBN
9780639604206
Format: Sagteband
Publish date: 2021-03-01
Toe Maya en Joe mekaar een aand by 'n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ... Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer. Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf. Op die maat van Maya is ‘n pragtige liefdesverhaal, maar vertel ook 'n dieper storie oor die band tussen 'n meisie en haar ouers. Die verhaal sal beslis aanklank vind by musiekliefhebbers, asook almal wat van 'n bietjie liefde hou. Nerine Ahlers & Alet Steenkamp is die gewilde skrywersduo van die topverkoper SSS-reeks.
Meer inligting
Publish Date 01 Mrt. 2021
Format Sagteband
Taal Afrikaans
Skrywer Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
Skryf jou eie resensie
Slegs geregistreerde gebruikers kan resensies skryf. teken in of skep 'n rekening
Meer Deur Nerine Ahlers, Alet Steenkamp